Biosekerheid en naspeurbaarheid is nie net beleidskwessies wat op konferensies bespreek word nie – dit is daaglikse realiteite op plaasvlak. Wanneer ’n uitbreking, soos die onlangse bek-en-klouseer plaasvind, voel boere dit eerste: strenger reëls en regulasies word ingestel, grense word gesluit, en veeverhandeling word beperk. In die lig van die voortdurende bek-en-klouseer-stryd, word die belangrikheid van naspeurbaarheid al hoe duideliker – nie net as ’n bestuursinstrument nie, maar as ’n noodsaaklikheid vir die groei van die Suid-Afrikaanse veebedryf.
Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, het verlede maand by die Nasionale Biosekerheidsberaad (van die Biosecurity Hub van die Universiteit van Pretoria) gewaarsku dat boere wat nie bereid is om vee-naspeurbaarheid te implementeer nie, hulself in die toekoms by internasionale handelsgeleenthede gaan uitsluit. Hy beklemtoon, “naspeurbaarheid is nie meer opsioneel nie, maar ʼn noodsaaklikheid in ʼn toenemend mededingende en gereguleerde internasionale mark.”
Terselfdertyd is dit belangrik om te erken dat naspeurbaarheid nie net oor regulatoriese nakoming gaan nie. Dit gaan oor risiko-bestuur, produsent-ondersteuning en langtermyn volhoubaarheid. Dis juis hier waar HerdTrack sy waarde wys. As ’n stelsel wat in Suid-Afrika, vir Suid-Afrikaanse omstandighede ontwikkel is, is HerdTrack nie ’n generiese oplossing uit die buiteland nie – dit is ’n gebruikersvriendelike hulpmiddel wat aangepas is vir plaaslike uitdagings, infrastruktuur en boerdery-kontekste.
Suid-Afrikaanse boere werk daagliks onder druk om hul kuddes doeltreffend te bestuur – van identifikasie en rekordhouding tot die voorbereiding van dokumentasie vir veilings. Boonop kan omslagtige regulasies bykom wanneer daar siekte-uitbrekings is. Die nuwe bek-en-klouseer-regulasies wat in Junie vanjaar afgekondig is, stel byvoorbeeld nog vereistes wat tydens die verskuiwing van vee gehoorsaam moet word. Sonder ‘n digitale naspeurbaarheidstelsel word dit gou ’n papier-nagmerrie. Dit verhoog nie net administratiewe druk nie, maar stel ook boere bloot aan boetes en produksie-onderbrekings – alles faktore wat maklik voorkom kan word deur ’n geïntegreerde stelsel soos HerdTrack te gebruik.
Wat HerdTrack onderskei, is die feit dat dit nie bloot ’n naspeurbaarheidstelsel is nie, maar deel vorm van ’n holistiese benadering tot veebestuur. Boere kry toegang tot regstreekse data van hul vee se gedrag en bewegings, ’n digitale kudderegister, diere se gesondheidsgeskiedenis, en meer – alles op een gebruikersvriendelike platform.
Die boodskap is eenvoudig: as Suid-Afrikaanse boere wil meeding in ’n wêreld waar voedselveiligheid en diergesondheid al hoe meer op die voorgrond tree, moet naspeurbaarheid nie gesien word as ’n las nie, maar as ’n belegging.
’n Stelsel wat werklik op grondvlak werk, is een wat nie afhanklik is van perfekte selfoonsein of duur hardeware nie. HerdTrack is spesifiek ontwikkel met hierdie werklikhede in gedagte. Dit beteken minder afhanklikheid van papierwerk, groter doeltreffendheid, en ’n groter gemoedsrus wanneer die volgende krisis opduik. Met HerdTrack aan jou kant, is jy boonop besig om te bou aan ’n meer volhoubare, mededingende en veerkragtige toekoms vir jou plaas en die Suid-Afrikaanse veebedryf.
~ Saamgestel deur René van der Vyver

