Graanboere en HerdTrack: bring die kloutjie by die oor; nie die stroper by die kraal.

HerdTrack is ʼn veebestuurstelsel wat die tel en monitering van jou diere vinnig en eenvoudig maak. Ons was onlangs by die VKB Bieliemieliefees in Reitz en het baie vrae van graanboere ontvang wat probeer om die kloutjie by die oor te bring – of dalk eerder die oorplaatjie by die mielie te bring!

Die verwarring is verstaanbaar, maar nie onoorkombaar. Hierdie artikel vat ʼn paar gereelde vrae en ons antwoorde daarop, saam.

Wat het HerdTrack met ‘n graanboer te doen?

Ons verstaan dat tyd ʼn boer se skaarsste hulpbron is. Graanboere moet op hul gewasse fokus, wat veebestuur ʼn addisionele saak en uitdaging maak. Maar HerdTrack maak veebestuur minder arbeidsintensief deur ‘n digitale oog oor die kudde te hou terwyl die boer op die lande besig is. Die stelsel werk met drie kernkomponente om jou daaglikse werk op die plaas te vergemaklik:

  • Die RFID-oorplaatjie: Elke dier kry ‘n unieke plaatjie wat ‘n identifikasienommer uitstraal. Jy registreer die dier se besonderhede (soos geslag, afkoms, geboortedatum en -gewig) op jou slimtoestel. Hierdie data vorm die basis vir volledige kuddebestuur.
  • Skandeerders: Hierdie sonkrag-aangedrewe eenhede word op strategiese plekke geplaas, soos by ‘n waterkrip of hek. Dit monitor diere binne ‘n 10 meter radius en stuur data outomaties via mobiele netwerke na jou privaat profiel. Toegerus met litium-batterye, bly hulle selfs in die mees afgeleë kampe operasioneel.
  • Die sagteware-platform: Via die wolkgebaseerde platform het jy enige tyd toegang tot rekords van beweging, gedrag en gesondheid. Die iOS- en Android-toepassings maak dit maklik om alles vanaf jou foon te bestuur. Jy het al die inligting byderhand om vinnig besluite te neem, sonder om elke dag kamp-vir-kamp rond te ry.

Wat is die voordele vir ‘n boer wat primêr saai, maar ‘n paar beeste aan die kantlyn het?

Vir ‘n saaiboer is dit tydens plant- en stroopseisoen dikwels moeilik om fisies by die diere uit te kom. HerdTrack funksioneer as ‘n 24-uur oog wat namens jou die kudde monitor.

Selfs terwyl jy op die trekker besig is, kan jy die getalle nagaan, medikasie beplan of sien watter koeie naby aan kalwing is.

Omdat die data maklik is om in te voer en van enige plek af toeganklik is, rus dit jou toe met akkurate rekords vir beter besluitneming. Jy kan onmiddellik sien of diere vermis is en menslike telfoute uitskakel. Dit help ook om toesig te hou oor die werk wat voormanne doen, soos om gewigsontwikkeling en behandelings dop te hou. Veranderinge in gedrag weens siekte of dors word vinnig opgespoor sodat jy vroegtydig kan ingryp.

Deur hierdie outomatisering kan ‘n boer dit oorweeg om sy kudde te vergroot sonder om meer personeel aan te stel. ʼn Groter kudde beteken ook meer vee op die lande wat lei tot beter misverspreiding en hoefaksie, wat die grondgesondheid vir die volgende plantseisoen bevorder en uiteindelik wins kan verhoog.

Kan ek die stelsel rondskuif as my vee die reste op verskillende lande bewei?

Absoluut. Dit is nie nodig om ‘n skandeerder vir elke land aan te skaf nie. Die hardeware is spesifiek ontwerp om maklik geskuif te kan word. Jy kan die sonkragaangedrewe veldskandeerder maklik skuif soos wat die vee tussen verskillende lande beweeg, terwyl die sagteware gerieflik op jou slimtoestel saam met jou gaan waar jy ook al is.

Watter inligting kan alles deur HerdTrack gestoor word?

Net soos opbrengsdata vir jou gewasse deurslaggewend is, bied HerdTrack soortgelyke diepte vir jou veekomponent. Die mees waardevolle funksie is die outomatiese telling op vasgestelde tye, wat presies aandui watter diere teenwoordig of vermis is.

Benewens basiese data soos geboortedatums, ouerskap en trop-indeling, kan jy ook die volgende dokumenteer:

  • Dragtigheidstatus en verwagte kalfdatums.
  • Gewigstoename om groei en kondisie te monitor.
  • Medikasie-toediening, insluitend spesifieke doseringsformules.

Kan HerdTrack vir my praktiese kennisgewings gee?

HerdTrack bied aanpasbare kennisgewings sodat jy altyd op hoogte is van veranderinge in jou kudde. Jy kan natuurlik instel om gewaarsku te word as ʼn sekere dier nie getel is nie. Boonop kan jy herinnerings kry vir medikasie en opvolg-dosisse, asook kennisgewings vir die laaste vyf dae van dragtigheid. Selfs waterbeheer is ingesluit. Deur ‘n watervlaksensor te koppel, kan die stelsel jou waarsku wanneer die vlak in ‘n krip te laag daal.

Samevatting

Ons verstaan dat jy nie gou met die stroper na jou kraal kan ry om jou kudde dop te hou nie. Dit is waarom HerdTrack nie net ons land se veerkragtige veeboere wil bystaan nie, maar ook ons noukeurige graanboere deel van die HerdTrack-trop wil maak.

Besoek: www.herdtrack.co.za of kontak ons by 018 523 0555.

~ Saamgestel deur René van der Vyver

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop