Wanneer dit by nuwe tegnologie kom, bly baie boere huiwerig. Dis een ding om te hoor wat ’n stelsel kan doen; dit is iets heeltemal anders om dit self te sien en beleef. Daarom bied HerdTrack gratis plaas-demonstrasies aan – praktiese toetse van die hardeware én sagteware wat jou kuddebestuur na die volgende vlak kan neem.
Volgens Benitta Erlank, verkoopsverteenwoordiger van HerdTrack, is die rede eenvoudig: “Sien is glo.”
Wat behels ’n demonstrasie?
Sodra ’n datum vasgestel is, arriveer Erlank op die plaas met alles wat nodig is om die stelsel aan die boer te wys: van die skandeerder en sonpaneel tot toets-oorplaatjies en bykomstige produkte soos die watervlaksensor.
Die eerste stap? Om die boer se unieke behoeftes te bepaal. “HerdTrack kan baie bied, maar elke plaas en elke boer se realiteit is anders en moet heel eerste vasgestel word,” verduidelik sy. Daarna wys sy prakties wat die skandeerder kan doen – nie net hoeveel diere dit kan hanteer of hoe vêr dit die oorplaatjies optel nie, maar ook hoe dit presies op daardie plaas geïnstalleer en gebruik kan word.
Tydens die demonstrasie word die skandeerder op ’n plek van die boer se keuse gemonteer en toetsplaatjies gebruik om te wys hoe vêr en hoe akkuraat dit gelees word. Daarna kry die boer die kans om self die sagteware te toets. Hy kan sien hoe die data regstreeks op ’n digitale toestel verskyn. Erlank demonstreer ook hoe veelsydig die stelsel is – waar alles van veegetalle tot medikasie en dragtigheid aangeteken kan word.
Meer as net ’n skandeerder
’n Demonstrasie sluit ook die sogenaamde toegevoegde-waarde produkte in. Byvoorbeeld, die watervlaksensor wat onmiddellik ’n waarskuwing stuur wanneer watervlakke buitengewoon daal. Boere kan dan sien hoe hierdie produk ekstra gemoedsrus en tydbesparing kan bied.
Demonstrasies is ook ʼn geleentheid om bekommernisse uit die weg te ruim. Baie boere wonder of hulle tegniese vaardighede sal kortskiet, en of hulle data dalk blootgestel kan word. Erlank stel boere gerus: HerdTrack funksioneer op ʼn geslote wolkstelsel en nie eens HerdTrack self het toegang tot ’n boer se data wat hy op die stelsel insit nie.
Hoe vêr ry HerdTrack vir ’n demonstrasie?
“HerdTrack is baie op die pad om op grondvlak met boere te skakel,” sê Erlank. Selfs al is ’n plaas baie afgeleë, kan boere vir HerdTrack vra om by ’n boerevereniging-byeenkoms of produksieveiling ’n draai te maak. Hierdie is dikwels ideale geleenthede, omdat boere juis dan ingestel is op naspeurbaarheid en die behoefte aan akkurate data vir byvoorbeeld ʼn katalogus of veilings.
Om veiligheid te verseker – veral met bek-en-klouseer wat wyd versprei is – neem Erlank altyd ’n ontsmettingsproses ernstig op. “Ek ry nooit by ’n plaas in sonder om eers die bakkie se wiele en onderstel met F10 te spuit nie.”
Waarom is ’n demonstrasie die moeite werd?
Elke plaas is uniek, en daarom wys ’n demonstrasie presies hoe HerdTrack in daardie konteks kan werk. Dit is ook die beste manier vir boere om te sien hoe maklik die stelsel eintlik is – van die opstel van die skandeerder tot die bestuur van data op die sagteware. Erlank vertel dat boere keer op keer verbaas is oor hoe vinnig en gebruikersvriendelik dit alles funksioneer.
’n Voorbeeld van ’n suksesvolle demonstrasie is ’n boer in ’n veediefstal geteisterde gebied wat nou HerdTrack se outomatiese veegetalle elke oggend en aand gebruik. Ná die demonstrasie het hy die stelsel aangekoop en kon onmiddellik met groter gemoedsrus sy kudde bestuur.
“Demonstrasies gee vir die boer die kans om self ’n praktiese prentjie te vorm van hoe HerdTrack op sy plaas werk en dit lei tot suksesverhale,” sê Erlank.
Hoe kry jy jou eie demonstrasie?
As jy wil ophou wonder en begin sien, kan jy eenvoudig:
- HerdTrack bel by 018 523 0555, of
- ’n e-pos stuur aan [email protected], of
- die vorm invul by https://herdtrack.co.za/contact-us/ (moenie vergeet om jou kontakbesonderhede by te sit nie).
HerdTrack sal met jou in verbinding tree en ’n gepaste datum en tyd vasmaak.
Hoe gouer jy kan ophou wonder, hoe gouer kan jy die voordele geniet van ’n stelsel wat deur boere, vir boere ontwikkel is.
~ Saamgestel deur René van der Vyver

