Boere wat HerdTrack al in aksie gesien het, weet hoe vinnig die hardeware sy waarde bewys. ’n Skandeerder, aangedryf deur ’n sonpaneel, lees RFID-oorplaatjies wanneer diere verby beweeg – wat die raaiwerk uit vee-tel en vee-monitor haal. Dit is eenvoudig en gebou vir plaasomstandighede.
Maar die werklike waarde van die HerdTrack stelsel word gevind wanneer die hardeware en sagteware saamwerk. Dit is wanneer data begin “praat” en die impak hard en duidelik word.
Van hardeware tot insig oor die kudde
Elke skandering wat by die waterpunt, hek of bymekaarkomplek plaasvind, is meer as net ’n nommer wat by ’n lys gevoeg word. Dit is ’n datapunt wat in HerdTrack se intelligente sagteware ingaan.
Wanneer boere die sagteware van HerdTrack ten volle benut, word die stelsel meer as net ’n digitale notaboek. Dit word ’n ekstra stel oë op die plaas – wat patrone opspoor, afwykings opmerk, en jou onmiddellik in kennis stel wanneer iets jou aandag benodig.
Regstreekse kudde kontrole
HerdTrack se sagteware bied ’n regstreekse, holistiese oorsig van jou kudde. Deur die wolkgebaseerde paneelbord kan boere sien watter diere geskandeer is, waar en wanneer. Daaglikse verslae wys bespeurings in groen en afwesige diere in rooi. Dit is ’n eenvoudige visuele stelsel wat beweging, vermiste diere of moontlike probleme onmiddellik uitlig.
In plaas daarvan om fisies elke kamp te kontroleer, kan boere nou hul kudde-aktiwiteit enige tyd, van enige plek af besigtig. Dit bespaar tyd, arbeid en onsekerheid.
Volledige naspeurbaarheid van merk tot verkoop
Elke dier se beweging en geskiedenis word outomaties aangeteken, wat ʼn volledige naspeurbaarheidsrekord skep. Van merk-dag tot verkoop (of slag) vang die stelsel ’n volledige tydlyn op van waar ’n dier geskandeer is en deur wie.
Wanneer dit tyd is om te verkoop, genereer HerdTrack se sagteware gedetailleerde eienaarskap- en naspeurbaarheidsverslae – wat die oorsprong, eienaarskapsketting en nakoming van plaaslike en uitvoer standaarde bewys. In ’n era waar deursigtigheid en biosekuriteit ononderhandelbaar is, beskerm hierdie digitale rekords beide jou reputasie en inkomste.
Vroeë waarskuwings
Deur patrone in die diere se bewegings en -aktiwiteit te ontleed, kan die HerdTrack stelsel veranderinge in gedrag optel, soos wanneer ʼn dier minder gereeld, of op vreemde tye, water suip.
Boere kan pasgemaakte waarskuwings instel vir diere wat nouer dop gehou moet word, of waarskuwings ontvang as ’n dier vir ’n sekere tyd nie geskandeer is nie. Hierdie vroeë kennisgewings gee vir boere tyd om proaktief op te tree, in plaas daarvan om krisisbestuur toe te pas.
Slim waterbestuur
Water is lewe, en dikwels een van die mees arbeidsintensiewe dele van veeboerdery. HerdTrack se sagteware maak afgeleë monitering van watervlakke in damme en krippe moontlik. Boere kan waarskuwings instel vir wanneer die watervlakke te laag daal en selfs toegelate vertragingstye definieer voordat ’n alarm geaktiveer word.
Dit verseker dat kuddes altyd toegang tot voldoende water het, terwyl onnodige ritte en arbeidsintensiewe kontrole verminder word.
Outomatiese rekordhouding
Digitale rekordhouding maak veebestuur meer effektief. Inentings en medikasie-toedienings kan alles op die stelsel aangeteken en gemonitor word, met kennisgewings vir opvolg behandelings. Boere kan kalf-gewigte aanteken, groei monitor en die speen van kalwers monitor, wat alles visueel – deur ’n duidelike paneelbord – uitgebeeld word sodat patrone en tendense maklik geïdentifiseer kan word.
Verantwoordbaarheid wat vertroue bou
Boere kan ook RFID-merke aan werkers uitreik, waardeur hul teenwoordigheid op spesifieke plekke outomaties aangeteken word. Dit skep ’n digitale rekord van waterkontroles, vee-inspeksies en plaasaktiwiteite wat gedoen is.
Dit is ’n praktiese manier om verantwoordbaarheid te verbeter sonder om papierwerk by te voeg.
Om alles bymekaar te bring
HerdTrack se grootste waarde lê in integrasie… Plaasbestande, Suid-Afrikaanse hardeware, aangedryf deur sonkrag, gekoppel aan intelligente sagteware wat inligting na insig kan omskakel.
In ’n sektor waar elke besluit tel, bemagtig HerdTrack boere om keuses te maak wat deur akkurate data gesteun word. Dit gaan oor die ontwikkeling van ’n plaas wat gereed is vir die toekoms, want die liefde vir boerdery strek verder as vandag en die volgende generasie moet dit met trots kan erf.
~ Saamgestel deur René van der Vyver

